Jesus se passie is mense, daarom is ons passie ook mense!
Op Woensdae aande kom ons senior jeug bymekaar en beleef ‘n geseënde tyd terwyl geestelike lering en stigitng plaasvind.
Ons jaartema is praise, worship en warfare.
Ons nooi alle tieners uit (vanaf 12 – 18 jaar) om jeug saam met ons te geniet op Woensdae om 18:00.




Ons Klub 60 kom elke maand bymekaar waar ons dinge deel van Toeka se dae tot vandag.
Hier is GROOT SPORTS! By hierdie geleenthede kuier ons lekker saam rondom die woord en bemoedig mekaar met ‘n koppie Tee en tuis gebak!
Indien u meer wil weet oor ons Klub 60 kan u gerus ons kerk kantoor skakel.
Op Vrydae oggende kom ons manne bymekaar om saam te bid.
Eendragtig glo ons saam in die krag van gebed, daarom nooi ons al die manne uit om op Vrydae oggende vanaf 05:30 – 06:30 saam te kom bid.
Die koffie is gratis..!




Ons as gemeente glo in die DUNAMIS KRAG van gebed.
Ons bid saam op Woensdae aande om 18:30 en getuig dat die Here steeds gebede beantwoord.
Moenie ons bidure mis nie. Jy is genooi!
GEMEENTE WELSYN – Ons gemeente se maatskaplike afdeling is daar om nood in ons gemeente asook ons gemeenskap te indentifiseer en uit te reik om hierdie nood aan te spreek.
Daar is huidiglik ‘n emmer projek aan die gang.
Gemeentelede kan hierdie projek ondersteun deur ‘n emmer te neem, vol te maak met voedsel produkte, ens. En weer by die kerk af te gee. Hierderu is dit vir ons moontlik om hulp te kan verleen aan gesinne wat behoefte het.
Copyright © 2022 All Rights Reserved.
Designed & Hosted By: Web Design Company | 010 880 8292 | Web Designers